Groot skade in Soedannese hoofstad

Satelliet-beelde toon dat groot skade tot dusver aangerig is in die hoofstad, Khartoem in Soedan waar strydende faksies tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep, die Rapid Support Forces, ná ‘n humanitêre skietstilstand van ‘n paar uur, weer opgevlam het. Minstens 100 mense is reeds in die drie dae lange geweld dood en honderde is beseer. Digte rook hang oor die stad met talle regeringsgeboue wat beskadig is. Satellietbeelde van Maxar Technologies toon dat die weermag-hoofkwartier en geboue van die ministerie van verdediging en mynbou erg beskadig is. By die internasionale lughawe in Khartoem het twee vragvliegtuie uitgebrand en nog vliegtuie is beskadig.