DA: Meer as 100 000 Gautengse leerders verlaat skool

Die DA in Gauteng sê baie skole in die provinsie is in ‘n haglike toestand wat daartoe lei dat duisende leerders in die stelsel verlore gaan. Van die 2,5 miljoen leerders wat die departement in 2021 ingeskryf het, het slegs sowat 2,2 miljoen in graad een tot 12 in hierdie akademiese jaar teruggekeer skool toe. ‘n DA-woordvoerder, Khume Ramulifho, sê dis kommerwekkend dat die departement onseker is of 110 381 leerders na ander provinsies of lande vertrek het, of bloot die onderwysstelsel verlaat het.