G’n chaos by aborsieverhore in hoofstad

ProLife Namibia ontken dat daar chaos was by die openbare verhore oor die wettiging van aborsie in Windhoek. Dit volg na berigte dat lede van die publiek wat pro-aborsie is, versoek het dat die teen-aborsie-plakkate uit die saal verwyder word. Volgens hulle is kerkgroepe toegelaat om binne die saal te betoog. Verhore van die parlementêre staande komitee oor geslagsgeweld oor aborsie het in die Khomas-streek hervat. Aborsie in Namibië is alleenlik wettig vir mediese redes, bloedskande en verkragting. Sasha Louw van ProLife Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê plakkate is vertoon om die publiek oor die nadele van aborsie in te lig.