Drie Namibiese mans vas oor dwelms

Drie Namibiese mans is in twee verskeie voorvalle in verband met dwelmhandel in Windhoek in hegtenis geneem. Tydens polisie-optrede is ‘n 41-jarige vermeende dwelmhandelaar in die Eros-woonbuurt in besit gevind met dwelms ter waarde van 182 500 Namibiese dollar. Dit sluit in 26 Ecstasy-tablette  30 gram kokaïenpoeier, metamfetamien en dagga. Die ander twee mans, 39 en 26 jaar oud, is in die noordelike nywerheidsgebied tydens ‘n polisie-soektog vasgetrek met dagga ter waarde van meer as ‘n halfmiljoen dollar.