Renosterhorings van dooie bul aan smokkelaars verkoop

Die renosterhorings wat deur drie lede van ‘n teenstropings-eenheid van ‘n plaas verkoop is, is van ‘n ou renosterbul wat weens natuurlike oorsake dood is. Die renoster is nie doodgeskiet vir sy horings nie, het die eienaar van die plaas aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Agt vermeende renosterstropers is volgens die omgewingsministerie verlede week in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is by ‘n padblokkades tussen Otavi en Tsumeb vasgetrek en is borgtog in die hof geweier. Ander verdagtes is op die pad tussen Outjo en Otavi aangekeer. Verdere ondersoek het gelei tot die arrestasie van die drie lede van die teenstropings-eenheid wat die renosterhorings aan ‘n Namibiese man en vrou van Rundu verkoop het.