Secrets of Elephants op Aardedag uitgesaai

National Geographic Wild en Disney+ het aangekondig ‘n nuwe reeks, Secrets of Elephants, sal op hul kanale te sien wees ter viering van Aardedag. Die bekroonde natuurreeks van vier programme word aangebied deur die rolprentmaker en ontdekker by National Geographic, James Cameron, wat met ‘n Academy-toekenning spog. Hy reis om die wêreld en ontdek die oorlewing, uithouvermoë, kultuur en kompleksiteit van olifante. Die reeks onthul die lewens van verskillende familiegroepe van die diere, waaronder die woestyn-, woud-, Asiese en Afrika-grasvlakte olifante. Aardedag word op  22 April gevier.