Minstens sewe mense sterf in aanval by Mexikaanse oord

Minstens sewe mense is dood in ‘n aanval by ‘n vakansie-oord in sentraal Mexiko. Die aanval het in Cortazar voorgekom, in die staat Guanajuato wat toenemend deur konflik tussen dwelm-kartelle geteister word. Die gemaskerde aanvallers het die veiligheidskameras en die monitor in die oord se winkel gesteel voor hulle gevlug het. Volgens die polisie is dit nie duidelik wie vir die aanval verantwoordelik was nie.