Agribank bekommerd oor swak weiding

Volgens die reënvalbulletin van Maart was daar ‘n algemene afname van reën regdeur die land ervaar, met baie min uitsonderings. Die jongste Namibiese plantegroei-indeks toon ook dat die grootste deel van die land in ‘n ernstige situasie is, terwyl baie min dele op redelike tot goeie toestande dui. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se adviesdienste, gesels wat ‘n opsomming van die stand van weiding regoor die land gedeel het.