Gupta-broers het steeds SA burgerskap

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake Aaron Motsoaledi het bevestig dat die twee Gupta-broers, Atul en Rajesh steeds Suid-Afrikaanse burgers is. Hy het bygevoeg dat die betrokke staatsdepartemente die kwessie sal hersien. Hulle is egter tans steeds in besit van Suid-Afrikaanse dokumentasie. Motsoaledi het bygevoeg dat voortvlugtiges nie meer die voordele van landsburgers kan geniet sonder om verantwoording vir hul dade te doen nie.