Forensiese sielkundige: Bester is ‘n slim misdadiger

Die forensiese sielkundige Gerard Labuschagne sê Thabo Bester is ‘n slim en vindingryke misdadiger. Labuschagne het in 2011 ‘n onderhoud met Bester gevoer terwyl hy in die tronk was. Bester het verlede jaar opslae gemaak toe hy uit die Mangaung-gevangenis in die Vrystaat ontsnap het deur voor te gee hy is in sel dood. Bester en sy vriendin Nandipha Magudamana is verlede Vrydag in Tanzanië in hegtenis geneem en Donderdag gerepatrieer. Labuschagne het gesê Bester se intelligensie het hom meer gesofistikeerd gemaak om verskeie misdade te pleeg.