Copps 94.1: Dronkbestuur en kinderverwaarlosing

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het met twee van die grootste uitdagings in Namibië te doen gehad, naamlik dronkbestuur en kinderverwaarlosing. Die polisie het na die Paasnaweek hul kommer uitgespreek oor meer as 80 mense wat vir bestuur onder die invloed van alkohol aangekeer is. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad.