Tennis: Nadal onttrek aan Barcelona Ope

Tennis: Die Koning van Klei, Rafael Nadal, se kanse om nog ‘n titel te buit op die Franse Ope vervaag met sy aankondiging dat hy ook onttrek aan volgende week se Barcelona Ope in sy vaderland. Die Spanjaard loop reeds dié week die Monte Carlo-meesterstoernooi mis, wat hy al elf keer gewen het. Die 14-malige kampioen op Roland Garros, wat afgesak het na 15de op die wêreldranglys, is steeds buite aksie nadat hy in Januarie tydens die Australiese Open beseer is. Die 36-jarige Nadal sê hy is nog nie reg om terug te keer nie.