Minirok-ontwerper Mary Quant oorlede

Die beroemde Britse ontwerper Mary Quant is in die ouderdom van 93 oorlede. Sy het in die 1960’s naam gemaak as die pionier van die minirok en die sjoebroekie. Quant word beskryf as een van die era se invloedrykste mode-figure en het mode vir die meeste  mense toeganklik gemaak. Haar familie sê sy het vreedsaam gesterf in haar huis in Surrey, en beskryf haar as ‘n uitstaande pionier van die sogenaamde Swinging Sixties. Koningin Elizabeth het Quant in 2014 as Dame vereer vir haar diens aan die Britse modebedryf.