40 SA atlete gaan aan Wêreld-oorplantingspele deelneem

Wêreld-oorplantingspele: Veertig Suid-Afrikaanse atlete sal die land van Saterdag af by die Spele verteenwoordig wat in Perth, Australië, plaasvind. Die byeenkoms bied aan atlete met oorplantings die geleentheid om hul dankbaarheid teenoor lewende skenkers en die families van oorlede skenkers te wys. Die deelnemende atlete, wat orgaan- of beenmurgoorplantings ondergaan het, sal aan 13 verskillende sport-items deelneem, insluitende atletiek, fietsry, muurbal, tennis, veerpyltjies en swem. Sowat 1 500 atlete uit meer as 60 lande neem aan die week lange spele deel.