Uitdagings weens mites oor Menslike Papiloomvirus-entstof

Die kabinet het onlangs die verkryging van die Menslike Papiloomvirus-enstof van die Namibiese gesondheidsministerie goedgekeur om servikale kanker te voorkom. Namibië gaan aanvanklik tien persent of 39 511 meisies tussen die ouderdomme van nege en veertien inent en ‘n inentingsveldtog oor drie jaar van stapel stuur om 70 persent van die geteikende bevolking in te ent. Die Gardasil 4-entstof word deur die Verenigde Nasies se Kindernoodfonds, Unicef, verkry. Die uitvoerende hoof in die gesondheidsministerie Ben Nangombe sê daar is egter uitdagings weens mites en wan-inligting oor die entstof.