SA stel nuwe beleggingsteiken vir 2028

Die Suid-Afrikaanse regering het die doelwit wat in 2018 gestel is, om oor vyf jaar 1,2 duisend miljard rand in beleggings na Suid-Afrika te lok, behaal. Dit is vandag op President Cyril Ramaphosa se vyfde Suid-Afrikaanse beleggings-konferensie by die Sandton-konferensiesentrum bekendgemaak. Die President het ook bevestig dat die regering ‘n nuwe teiken gestel het om teen 2028 beleggings van 2 000 miljard rand na Suid-Afrika te lok.