Gift of the Givers hoop op vrylating van SA paramedikus

‘n Gyselaar-onderhandelaar van die Suid-Afrikaanse hulp-organisasie Gift of the Givers het in Mali aangekom, maar moet nog ‘n week wag vir onderhandelinge vir die vrylating van die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer. Dié paramedikus van Swellendam word die afgelope vyf en ‘n half jaar in Noord-Afrika aangehou. Hy is in 2017 in Libië ontvoer voordat hy aan Al Kaeda in Mali verkoop is. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, gee die jongste in verband met die onderhandelinge.