Internasionale finansiers moet plaaslike boukontrakteurs steun

Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië het onlangs met ‘n afvaardiging van die Afrika Ontwikkelingsbank vergader om die plaaslike konstruksie-sektor te ondersteun . Die verteenwoordigers van die bank was in Namibië met die oog op die voorbereidings vir ‘n voornemende openbare tender vir die opgradering van die spoorlyn tussen Kranzberg na Tsumeb. Die uitvoerende hoof van die federasie, Bärbel Kirchner, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie vergadering was ‘n belangrike stap in die bewusmaking van internasionale finansiers oor die absolute noodsaaklikheid en dringendheid om plaaslike kontrakteurs in Namibiese besit te ondersteun.