Saftu eis nasionalisering van Mangaung korrektiewe sentrum

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, doen ‘n beroep op die regering om die kontrak met die private sekuriteitsmaatskappy onmiddellik op te sê en die Mangaung korrektiewe sentrum in Bloemfontein te nasionaliseer. Die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar Thabo Bester het in Mei verlede jaar uit dié tronk ontsnap deur voor te gee hy is dood. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dis duidelik dat die maatskappy onbevoeg is om die tronk te bestuur.