NSA: Inflasie styg met 7,2% op jaargrondslag

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikersprys-indeks van Maart het die jaarlikse inflasiekoers met 7,2 persent gestyg vergeleke met 4,5 persent wat in Maart 2022 aangeteken is. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers met 0,6 persent gestyg vergeleke met 0,4 persent wat ‘n maand vroeër aangeteken is. Die belangrikste bydraers tot die jaarlikse inflasiekoers was voedsel en nie-alkoholiese drankies, vervoer, en alkoholiese drank en tabak.