Saara sê regering is voorbereid op droogte

Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die regering is voorbereid op die dreigende droogte weens die swak reënval wat hierdie reënseisoen ontvang is. Kuugongelwa-Amadhila het in die parlement geantwoord op ‘n vraag van die amptelike opposisieleier van die PDM, McHenry Venaani. Hy het gesê dat Namibië op grond van die weerpatrone op ‘n droogte afstuur. Die eerste minister het beklemtoon dat die regering jaarlikse  kwesbaarheid-studies oor die droogte uitvoer. Kuugongelwa-Amadhila het met vroeër met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor moontlike voedselhulp-programme vir gemeenskappe wat deur die droogte en mis-oeste geraak word.