Gyselaar-onderhandelaar na Mali gestuur

‘n Gyselaar-onderhandelaar van die Suid-Afrikaanse hulp-organisasie Gift of the Givers het in Mali aangekom om die vrylating te probeer bewerkstellig van ‘n Suid-Afrikaner wat die afgelope vyf en ‘n half jaar in Noord-Afrika aangehou word. Die paramedikus Gerco van Deventer van Swellendam in die Wes-Kaap is in 2017 in Libië ontvoer voordat hy aan Al Kaeda in Mali verkoop is. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê hulle hoop die Moslem-heilige maand Ramadan sal die harte van Van Deventer se aanhouers versag.