Rugby: Engelse slot wil sy debuut vir Bulle maak

Rugby: Die slot van Engeland en Bath, Charlie Ewels, vertrou sy kort tydjie by die Bulle sal hom help om betyds sy spelpeil te herwin vir die Wêreldbekertoernooi. Hy het middel verlede jaar ʼn ligament geskeur en sukkel om ʼn klub te vind wat hom sal help om fiks te word. Bath het reeds hulle salarisperk bereik en die Stormers was ook ʼn moontlikheid, maar kon hom nie bekostig nie. Ewels sal moontlik sy debuut vir die Bulle maak in Vrydag se Curriebeker-botsing met die Haaie.