Transnet-werkers kry 15 jaar vir koperdiefstal

Die polisie in die Noord-Kaap het die onlangse vonnis van twee gewese Transnet-werknemers verwelkom. Die twee is in die Kimberley-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle koper van lokomotiewe gesteel het. Die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad was besig met ondersoeke by ‘n plaaslike skrootwerf toe ‘n verdagte Volkswagen Polo met twee manlike insittendes daar weggejaag het. Hy sê die polisie het die voertuig naby die Kimberley-polisiekantoor voorgekeer: