Karibib-dorpsraad sê jammer vir bruin water, met wurms in

Karibib is die jongste dorp in die land met wateruitdagings. Volgens die jongste berigte sukkel inwoners met bruin water wat sleg ruik en soliede voorwerpe, insluitend wurms, bevat. Lesley Goereseb, die raad se hoof uitvoerende beampte, het in ‘n verklaring om verskoning vir die water-gehalte gevra en sê die raad ondersoek nog die oorsprong van die probleem. Die water word van Swakoppoort oorgepomp na Karibib en volgens hom kan dit die waterkwaliteit van die dam wees. Swakoppoort is besoedel met sianobakterieë, dieselfde as wat in Hartebeestpoortdam in Gauteng voorkom. Goereseb voeg by ou pype en pype wat bars kan ook bydra tot die probleem. Pogings word nou aangewend om die water verder te suiwer voor die na inwoners versprei word. Hy sê ook die ondersoek sal tot drie weke duur. Okahandja, Mariental en Tsumeb het ook onlangs uitdagings gehad.