LPM sê Otji-dorpsraad is soos geheime organisasie

Die LPM se taksekretaris op Otjiwarongo Sebetius Guiteb, sê die Otjiwarongo-dorpsraad gedra hom soos ‘n geheime organisasie. Hy sê die owerheid is geheimsinnig en meen dat omdat bedrywighede versteek word is daar ongerymdhede wat moontlik plaasvind. Guiteb sê hy kry geen antwoorde op vrae nie, veral in verband met grondtransaksies by die dorp se Uitbreiding 12, Uitbreiding 13, die Heroes Park en Freedom Park woongebiede waar gedienste erwe steeds te koop is. Hy beskuldig die hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi daarvan dat hy die instelling soos ‘n geheime diensorganisasie bestuur en net met die vier Swapo-lede inligting deel. Matyayi het op die aantygings gereageer maar net gesê dit is ‘n politieke foefie en dat Guiteb homself wil bevorder.