VN oorweeg om sy sending in Afghanistan te beëindig

Die VN se sending in Afghanistan oorweeg sy opsies ná ‘n verbod op vroue-werkers. Die organisasie het nou sy Afghaanse personeel opdrag gegee om tuis te bly tot 5 Mei. Verlede week het die VN bekend gemaak dat hy deur die Taliban-regering ingelig is dat vroue nie langer vir die organisasie kan werk nie. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres het vroeër die Taliban se besluit skerp veroordeel en gevra dat die besluit herroep word. Hy het in ‘n verklaring gesê dit is ‘n skending van vroue se basiese menseregte en die besluit sal miljoene Afghane benadeel wat hulp nodig het.