EIF: Libanda is nie uitvoerende hoof van ander instansie

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië is geskok dat ‘n sekere instansie genaamd Namibian Mining News op sy profiel aandui dat hy 17 werknemers het, en sy hoof uitvoerende beampte Benedict Libanda is, wat in werklikheid die uitvoerende hoof van die fonds is. Die fonds waarsku sy belanghebbendes om nie die slagoffers van hierdie bedrogspul te word nie. Nie Libanda, of die fonds het enige bande met Namibian Mining News nie, het Lot Ndamanomhata, die fonds se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.