Israel skiet terug op Sirië, na aanval

Die Israelse weermag sê sy magte het teikens in Sirië aangeval nadat sy noord-oostelike buurland, Sirië, in ‘n buitengewone aanval ses vuurpyle op Israel afgevuur het. Sirië se staatsnuusagentskap, SANA, berig dat ongeïdentifiseerde weermagbronne gesê het die land se lugverdediging het ‘n aantal van die Israelse missiele afgeskiet. Die aanvalle volg nadat geweld die afgelope paar dae opgebou het weens spanning in Jerusalem en ‘n Israelse polisieklopjag tydens Ramadaan op die stad se heiligste plek, die Al-Aqsa-moskee.