Pad na die kus is druk besig

Namibiërs en toeriste reis die langnaweek na verskillende bestemmings om ‘n blaaskans gedurende Paasfees te neem. Padgbruikers word versoek om padreëls na te kom en ongelukke en sterftes hierdie Paasnaweek te vermy. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê die pad na die kus is druk besig. Hy doen ‘n beroep op motoriste om dissipline te handhaaf.