Namcor-raad moet by ACC aanmeld

Die sage by Namcor duur voort. Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het die hele raad van die nou beleërde maatskappy opdrag gegee om Dinsdag aan te meld. Dit volg na ‘n gesprek met die maatskappy se besturende direkteur, Immanuel Mulunga vroeër die week. Noa sê Mulunga het sy beëdigde verklaring ingedien en nou is dit die raad se beurt.