Midde-Ooste kan Namibië lei in olie-bestuur, en -benutting

Plaaslike berigte lui dat die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het beklemtoon dat samewerking met die Midde-Ooste in die volgende jaar verskerp sal word. Die gebied het baie ervaring in die olie-sektor wat Nandi-Ndaitwah as uiters belangrik vir Namibië beskou. Sy sê die benutting van die bron, sowel as die bestuur daarvan is ‘n nuwe gebied vir die land terwyl lande in die Midde-Ooste reeds al die belangrike lesse geleer het. Sy voeg by dat die gebied ook ‘n belangrike teikenmark is vir Namibië se beesvleis, lamsvleis en houtskool.