Namibië het nie gelyke toegang tot gesondheidsdienste nie

Volgens die Basic Income Grant-koalisie het Namibië vordering gemaak wat algemene gesondheid betref, maar die regering het nog baie werk om te doen om sy visie te verwesenlik om die hoogste standaard van gesondheid te bereik vir al sy mense. Namibiërs staar uitdagings van onder meer hoë bloeddruk, hipertensie, diabetes en vetsug in die gesig en het ‘n hoë syfer van tuberkulose-lyers. Wêreld-gesondheidsdag word môre wêreldwyd herdenk. Renaani Musutua van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus in Namibië is ongelyke toegang tot gesondheidsdienste.