Kaapstad ook bly dat Eskom se besteding moet verklaar

Die Stad Kaapstad het die terugtrekking van Eskom se vrystelling van die bekendmaking van onregmatige besteding in sy finansiële state vir die volgende drie jaar, verwelkom. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gister aan die Parlement gesê die besluit is voorlopig opsy geskuif hangende verdere konsultasie met die ouditeur-generaal en ouditeurs van Eskom. Beverley van Reenen van die stad sê so ‘n vrystelling sou die vertroue van buitelandse finansiële instellings en korrupsie-waghonde in die land se vermoë om toerekenbaarheid en voldoening af te dwing, verder verswak: