Koning Charles pryk op posseëls

Die eerste stel posseëls met koning Charles van Brittanje daarop word in die Verenigde Koninkryk verkoop. Die land se posdiens, Royal Mail, verkoop die eerste seëls met die afbeelding van die nuwe monarg daarop nadat hy die troon in September bestyg het. Dit vertoon die koning sonder ʼn kroon op terwyl hy na links kyk. Dit is ʼn geskiedkundige geleentheid vir seëlversamelaars aangesien dit die eerste afbeeldings van die koning is wat op posseëls verskyn.