Landbou-uitvoere presteer goed in laaste ’22-kwartaal

‘n Ontleding deur High Economic Intelligence toon dat landbou-uitvoere in die vierde kwartaal van verlede jaar het goed vertoon het. Gedurende die kwartaal is net meer as 58 300 ton landbouprodukte uitgevoer teenoor net minder as 51 700 ton in die vierde kwartaal van 2021. Net meer as 42 000 ton vars druiwe met ‘n beraamde waarde van 1,1 miljard dollar is uitgevoer met amper 1 500 ton waatlemoen ter waarde van 17,5 miljoen dollar wat ook die land verlaat het. Die makelaarsfirma sê verder dat stokvis ter waarde van 1,1 miljard dollar, en maasbanker ter waarde van 849 miljoen dollar ook in die vierde kwartaal uitgevoer is. Spanje was die hoof bestemming vir stokvis en Zambië het 50 persent van die maasbanker ingevoer.