Enoch onttrek Eskom-vrystelling

Die buurland se finansminister Enoch Godongwana het die vrystelling wat hy aan Eskom gegee het, teruggetrek. Daarvolgens was dit nie vir die kragvoorsiener nodig om onreëlmatige, verkwistende en vrugtelose uitgawes in sy finansiële jaarstaat te vermeld nie. Die minister het verlede week die vrystelling in die Staatskoerant gepubliseer in ’n poging om Eskom se balansstaat deur skuldverligting te herstel, en die kragvoorsiener in staat te stel om weer lenings aan te gaan vir beleggings in ‘n nuwe transmissie-infrastruktuur. Godongwana sê hy trek die vrystelling vir eers terug, om oorweging te gee aan alle kommentaar en hoe dit die ouditeur-generaal se werk sal raak.