Namib Meulens verlaag rys en pasta pryse

Namib Meulens het ‘n prysverlaging op vier van sy produkte aangekondig. Rys sal met tussen 5 en 6 persent daal terwyl Pasta Polana en King Pasta tussen 9 en 11 persent goedkoper sal wees. Polana Instant Noodles se prys sal met 15 persent daal. Die Namibiese voedselreus sê internasionaal het ryspryse gedaal as gevolg van ‘n verhoogde aanbod en rekordproduksie in Indië terwyl insetkoste vir die vervaardiging van pasta en die verkryging van noedels ook afgeneem het. Die nuwe, goedkoper pryse sal vanaf 17 April in werking tree.