Cohen sê Trump moet aanspreeklik gehou word

Die voormalige president van Amerika Donald Trump se vorige prokureur, Michael Cohen, sê hy het ‘n beduidende hoeveelheid dokumente as bewyssstukke ingedien wat bewerings oor Trump se moontlike vervolging bevestig. Aanklaers in Manhattan beweer in hul klagstaat die gewese president en Cohen het in 2017 ‘n ontmoeting in die Withuis gehad om die betaling van sogenaamde swyggeld aan die porno-aktrise Stormy Daniels te bevestig. Trump het onskuldig gepleit op 34 klagte van vervalsing van sake-rekords. Cohen sê hy sal voortgaan om die waarheid te praat: