Tariefverhogings in eThekwini is onaanvaarbaar

ActionSA in KwaZulu-Natal is diep bekommerd oor die eThekwini-munisipaliteit se voorgestelde tariefverhogings vir die nuwe boekjaar wat op 1 Julie vanjaar van krag word. Alan Beesley van ActionSA sê die voorgestelde verhoging van 21,9 persent vir elektrisiteit, 15,9 persent vir water,  8 tot 9 persent vir vullisverwydering, 12,9 persent vir sanitasie, en belasting wat met 8,9 persent opgaan, is ver bo die huidige inflasiekoers van 6,9 persent en sal vir baie inwoners en ondernemings onbekostigbaar wees: