Wêreldwye lugvaartbedryf herstel  

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging sê die lugvaartbedryf toon ‘n volgehoue herstel ná die gevolge van Covid-19. Die vereniging sê die Afrika-lugvaartmark word tans teen 93 persent bedryf vergeleke met 2019. Die direkteur-generaal, Willie Walsh, sê hulle verwag dat passasiersverkeer in Afrika sal toeneem en die groei in die mark sal teen 2040 twee keer meer as die getalle in 2019 wees. Daar is ook ‘n vennootskapsprojek met Focus Africa bekend gestel om te help met die versterking van Afrika se lugvaartsektor. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold gee haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.