Restonic Namibia borg NRU

Restonic Namibia het vandag ‘n borgskap ter waarde van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Rugby-unie aangekondig. Hulle skenk onder meer beddens aan die Welwitschia-spelers wat in September aan die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gaan deelneem. Tydens die oorhandigingseremonie het Mauritz van Niekerk, Restonic Namibia se hoofbestuurder gesê hulle glo as jy goed slaap, sal jy beter presteer.