Nog ‘n DA-burgemeester in Gauteng sy pos kwyt

Nog ‘n burgemeester van die DA in Gauteng is sy pos kwyt. Die burgemeester van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit, Hullet Hild, is uitgestem in ‘n mosie van wantroue wat die ANC, die EFF en die African Independent Congress gesteun het. Die hoofsweep, Almé Swart, ook van die DA, is ook verwyder. Hild en Swart is in Januarie 2022 met die steun van ander opposisiepartye verkies. Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele Sake, Mzi Khumalo, sê hulle wil bestendigheid in munisipaliteite en koalisieregerings hê.