Behalwe vir misdaad is daar nie kwessies op die Zambiese grens soos met Botswana nie

Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit Albert Kawana het met sy Zambiese eweknie ontmoet en kwessies van veiligheid op die grens bespreek. Gevangenes van beide lande is ook uitgeruil om hulle vonnisse plaaslik uit te dien. Die veiligheid op die grens was onlangs onder die loep, veral met Botswana se weermag en veediefstal teen Zambië. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti van die Namibian Lives Matter-beweging gesels oor of daar uitdagings op daardie kant van die grens ook is.