Swart besighede is ook vies oor Eskom se vrywaring oor sy besteding

Die Black Business Council is ook bekommerd oor die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om Eskom vry te stel van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die raad beskou hierdie besluit as irrasioneel en ‘n desperate poging om die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, te beskerm teen sy gebrek aan nakoming. Die raad se woordvoerder, Kganki Matabane, sê die vrystelling sluit ook enige onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes tydens die vorige en volgende twee boekjare in. Matabane sê hulle versoek ‘n dringende vergadering met Godongwana om hierdie ontwikkeling te bespreek: