Daar sal nie oeste wees vir droëland-produsente nie

Paniek heers onder beide saai- en veeboere in Namibië ná die swak reënseisoen. Oor die algemeen sal saaiboere hierdie tyd van die jaar begin gereedmaak vir die oesseisoen. Landbou-kenners het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is boere in die Mieliedriehoek wat hul mielies in die grond gaan terugploeg of as veevoer gaan gebruik, weens verwagte misoeste. Dit is ‘n bekommernis onder die saaiboere dat daar vanjaar min gewasse geoes gaan word, indien enigsins. Oud-parlementslid Pendukeni Iivula-Ithana, wat in die Omusati-streek boer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal moeilik wees om hierdie jaar te sien dat enige oeste plaasvind.