Studie toon dagga sal baie werksgeleenthede skep

‘n Senior lektor by die Universiteit van Pretoria, Motshedisi Mathibe, sê die hennep- en daggabedryf het die potensiaal om werk te skep, armoede te verlig en ongelykheid in Suid-Afrika te verminder. Na raming kan die sektor meer as 130 000 nuwe werksgeleenthede skep. Die departemente van landbou en gesondheid werk saam om die bestaande toestande om hennep en dagga te kweek aan te spreek en landelike boere te help om dit in die buitelug te kweek en te oes. Mathibe sê tans kweek boere wat lisensies het die hennep en dagga binnenshuis onder beheerde omstandighede.