Korrupsie by Eskom sal voortduur 

Die Instituut vir Rasseverhoudinge het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, gewaarsku  om nie toe te laat dat beurtkrag as rookskerm vir verdere korrupsie gebruik word nie. Dit volg nadat die minister regulasies in die staatskoerant gepubliseer het wat Eskom toelaat om nie onregmatige en verkwistende uitgawes in sy jaarlikse finansiële state bekend te maak nie. Die uitsluiting is van toepassing op die 2022/2023-boekjaar en die volgende twee jaar. Mlondi Mdluli van die instituut sê minder deursigtigheid en minder waarde vir geld sal die korrupsie by Eskom net laat voortduur: