Verhoogde kragkostes sal nie Eskom help nie

Die energiekenner Hilton Trollip sê geld van tariefverhogings gaan Eskom nie red nie. Die tariewe wat die kragvoorsiener vir elektrisiteit hef, het Saterdag met meer as 18 persent verhoog. Trollip sê Eskom het nie net te kampe met koste nie, maar moet ook sy skuld diens. Hy meen dis ongelukkig dat verbruikers die spit moet afbyt: