Eskom verwelkom vrywaring van besteding-verklarings

Eskom sê hy verwelkom die Nasionale Tesourie se vrystelling ten opsigte van die jaarlikse rapportering van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes. Volgens ‘n kennisgewing in die Staatskoerant sal die kragvoorsiener vanaf vanjaar vir drie jaar vrygestel wees om sodanige uitgawes in sy jaarverslae bekend te maak. Eskom se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die nakoming van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur bly ‘n prioriteit, en hulle gaan voort om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes aan te spreek, insluitend toepaslike prosesse vir gevolgebestuur: